• Webwerf van die LSG Plutonica

Welkom op die webwerf van Plutonica!
Plutonica is 'n vereniging van universiteitsstudente (studentegilde), wat die goeie ou "kleurdraende" tradisie van ons geweste volg. Peter Dirix en Michaël Goorts het die klub in 1993 gestig aan die Limburgs Universiteitssentrum (LUC Diepenbeek). Eers is Plutonica 'n vriendskapsband vir oud-LUC-studente en studente van Limburgse afkoms (sowel Belgies- as Nederlands-Limburg), maar ook nie-Limburgers kan lid word as hulle die beginsels van die vereniging onderskryf.

Wanneer die stigters en 'n deel van die lede hulle studies het voortgesit aan die Katolieke Universiteit Leuven, het Leuven die sentrum van die aktiviteite van Plutonica geword en is die Limburgse karakter van die vereniging gemeng met die ou en ryke Vlaamse studentetradisies, wat in Leuven die beste bewaar gebly het. Die lede kom dikwels saam in Leuven vir cantusse, feeste en ander aktiviteite. Ons kleure is blou, wit en groen.

Plutonica volg die ou tradisies (wat vir meer en meer studente vreemd word) op 'n lewendige wyse, sonder in 'n steriele konservatisme te verval. Die vereniging kan die styl met die plesier verenig. Voorts is die vereniging op ideologiese, politieke en religieuse vlak strik neutraal. Die lede kan hulle menings uit, maar sal altyd die mening van ander lede respekteer en sal nie vir die vereniging praat nie.

Vriendskap word deur die lede van Plutonica gesien as die basisbeginsel van die egte studentelewen. Om dié rede wil ons ook vriendskapsbande met ander studenteverenigings aanknoop. Daarom het ons lid geword van die Akademiese Boergondiese Orde, wat 'n aantal tradisionele studenteverenigings in die ou Boergondiese landen (België, Nederland, Luxemburg, Boergondië, Breisgau, Noord-Frankryk) verenig.

Jy moet nie aarsel nie om ons te kontak. Ons sal graag op vrae antwoord en is altyd bly ander tradisionele studenteverenigings ken te leer.

Omdat Nederlands vir Afrikaanstaliges nie moeilik verstaanbaar is nie, kan jy seker die rest van hierdie werf in Nederlands lees.